Rua Willa

Lutzville, Wes-Kaap

Plaas Akkommodasie

WIE IS RUAWILLA?

'n Knus klein selfsorg gastehuis tussen die wingerde

Ons is op ‘n werkende plaas tussen die wingerde teenaan die weskus, en ‘n ideale oornag stop vir blommekykers en toeriste wat naby Vredendal, Lutzville of Strandfontein wil oornag.

Plaaslike Aktiwiteite

Hoë-spoed Wi-Fi

Boek via epos of foon

Bekostigbare Tariewe

Geriewe

Die eenheid bied alles aan vir die selfsorg gas, insluitend breekware, ‘n braaiplek, kaggel, veilige onderdak parkering, gratis WiFi, ‘n Slim TV, lugversorger, sonkrag (so geen loadshedding!), gasstoof, en meer. Daar is een slaapkamer met ‘n koning-grootte bed en vere-duvet.

Die plaas het baie plek vir stap of fietsry, en gaste is welkom om die plaasaktiwiteite soos tamaties pluk of druiwe / rosyntjies oes, te besigtig.

Die Olifantsrivier loop vir +/- 1.3km oor die plaas, die kus is ongeveer 27km weg, en die naaste dorp – Lutzville – is 4km van die plaas af.

Daar is verskeie plaaslike kelders wat opsies vir wynproe en meer het, insluitend Lutzville Kelder, Namaqua Wines, Teubes Wines, en Fryers Cove.

Plaas Akkommodasie

Plaas Akkommodasie

Kontak Ons

 

Vir navrae of besprekings, kontak ons gerus op 0842490439 of 0845151004, of stuur ‘n epos aan braham@vintrioboerdery.co.za.
Alternatief, vul die vorm hieronder in om ‘n boodskap aan ons te stuur:

 

Plaas Akkommodasie

Plaas Akkommodasie

Fotos

Plaas Akkommodasie